Temba Travel

Cape Cross Lodge

Kaapkruis, Skedelkus, Namibië

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU >>

Cape Cross Lodge - Skedelkus Namibie

Om langs die Skedelkus van Namibië te ry is ‘n onvergeetlike ondervinding – jy kan goed verstaan dat dit die plek is waar talle skepe vergaan het. Dis verlate en spook by jou. Net ‘n uur noord van Swakopmund en 53 km vanaf Hentiesbaai is die Robreservaat by Kaapkruis (Cape Cross) – die grootste broeikolonie van die Kaapse rob in die hele wêreld. Kaapkruis kry sy naam by ‘n klipkruis wat deur Diego Cao, die Portugese ontdekkingsreisiger, opgerig is.

Skaars 4 km van die Robreservaat sal jy die Cape Cross Lodge teëkom. Dis net reg vir diegene wat die Skedelkus en Damaraland verken. Die Lodge het groot glasvensters om die maksimum hoeveelheid natuurlike lig binne te laat. Vir die mistige, koel dae is daar ‘n welkome knetterende vuur om die koue te verjaag.

Cape Cross Lodge bestaan uit 13 luukse dubbelkamers, almal en suite. Agt van hierdie kamers het manjifieke onbeperkte see-uitsigte, terwyl vyf ander op die binnehof uitloop. Die kamers is gerieflik met tee/koffie-geriewe en ‘n kluis in elke kamer. Die restaurant is oop vir middagete vir verbygaande toeriste.

Wittebroodspaartjies en privaatfunksies is Cape Cross Lodge se spesialiteit. Gaste van Cape Cross Lodge sal hulle verkyk aan die woestynflora en -fauna, veral die eeue oue Welwitschias wat van 2000 jaar gelede dateer. Die geskiedenis en geologie van die Skedelkus sal jou fassineer. Die kus is ‘n paradys vir hengelaars en hengeltoerusting is beskikbaar vir gaste. Onthou om jou eie branderplank saam te bring